Video:
Definieer
- Ewenaar: ‘n denkbeeldige lyn op die aardbol wat die aarde in noord en suid verdeel • Halfrond: ‘n helfte van die wêreld wat deur die ewenaar verdeel word, gewoonlik die Noordelike Halfrond en die Suidelike Halfrond
Mense het eers gedink die aarde is plat en dat jy sal afval as jy té ver seil.
Vandag weet ons die aarde is rond, soos’n strandbal, sonder rande. Die ewenaar is ‘n denkbeeldige lyn wat die aarde in twee gelyke dele verdeel. Die boonste deel is die Noordelike Halfrond en die onderste deel die Suidelike Halfrond. Suid-Afrika lê suid van die ewenaar en is dus deel van die Suidelike Halfronde
Die Noordpool en Suidpool is die punte van hul onderskeie halfronde. Die noordelikste punt van die aardbol is die Noordpool en die suidelikste punt is die Suidpool.